Publisher's Synopsis
Die tradisie van die pryslied het in die afgelope paar jaar wyd bekend geraak. Hierdie bundle bevat an versameling liedere in hierdie genre, maar dis eiesoortig in die sin dat dit spesifiek deur Basotho-trekarbeiders geskep is en deur hulle uitgevoer word. Dit gee die leser an wye blik op die verskeurde wereld van hierdie swerwer-sangers. Aan die een kant is daar die ervarings van hul landelike wereld van herkoms. Daar is liriese beskrywings van die natuur en die vanselfsprekende intergrasie tussen die mens, die tasbare leefwereld en die magiese sfeer. Wanneer die sanger uit nood besluit om sy brood om die myne to gaan verdien, lei dit tot an ontwortelde swerwerbestaan gekenmerk deur vervreemding en identiteitsverlies. Die werker-sanger is iemand wat tussen twee werelde leef en nie werklik aan een van die twee behoort nie. Die sekerste van die twee, maar ook die ontredderendste, is die van die mynwerker. Hier word hy in werklikheid gereduseer tot an implement of an stuk gereedskap: oEk is die kruiptrekker van die myn, manneo; en oMy identiteit het aan my skopgraaf vasgegroei.o;Die nuwe realiteit is die van die ontsetting van mynongelukke, die verbrokkeling van die huislike sfeer,