Publisher's Synopsis
Prof Harry Seftel wat glo dat pasiente ingelig behoort te wees oor hul kwale, het die pakkende boek aangepas vir almal wat geinteresseerd is in slaapversteurings. In taal wat leke maklik kan verstaan, verdudelik hy onder meer waarom mense in hul slaap loop, waarom party mense in hul slaap op hul tande kners en waarom mense snork en hoe dit genees kan word. Hy kyk ook na drome en die betekenis daarvan. Die boek verskaf die antwoord op tergende vrae soos: Hoeveel slaap het 'n mens nodig, kan jy sterf van te min slaap en watter uitwerking het rook op jou slaap?