Publisher's Synopsis
Die formaat van hierdie uitgawe, "Sasol: die Groter geillustreerde gids tot die voels van Suider-Afrika" is groter as die van die veldgids. Dit het 'n groter lettertipe moontlik gemaak wat naslaan vergemaklik en daar is ook vergrotings van die pragtige plate met voelafbeeldings ingesluit. Die Groter Sasol sluit ook nuwe gebruikersvriendelike eienskappe in soos kleurkodes, ensovoorts. Die teks en kaarte is op datum gebring en illustrasies van nuutontdekte spesies is op drie addisionele plate agterin die titel ingesluit. Alhoewel die Groter Sasol veral vir tuisgebruik ontwerp is, kan dit net sowel in die veld gebruik word. Die uitleg van die titel, die duidelike indelings volgens spesies maak dit moontlik vir enigiemand om die gids te gebruik, maar die Groter Sasol sluit ook gespesialiseerde inligting oor byvoorbeeld die veredrag van voels vir ervare voelkykers. Vir elke voelspesie word die Afrikaanse en Engelse volksnaam ingesluit, sowel as die wetenskaplike naam en die Roberts-nommer.;Bowendien word daar vir elke spesie die volgende inligting gegee: sy lengte, identifikasie-kenmerke; beskrywings van veredrag van die manlike, vroulike en onvolwasse voel en, waar toepaslik, die veredrag van voels wat broei of nie broei nie; die gedrag; die roep; die habitat; neste en voedsel, waar dit 'n rol speel in identifikasie. Kleurkaarte dui die verspreiding van die voels aan. Daar word ook probleem-gevalle bespreek en vir die voelkyker geleer hoe om te onderskei tussen groepe wat baie eners is. Kleurkodering en verkleinde afbeeldings vergemaklik die vind van voelgroepe en maak die uitken van voels soveel eenvoudiger.