Publisher's Synopsis
Ons almal het alle moontlike hulp nodig om 'n gesonde lewenstyl te handhaaf. Mans moet goed ingelig wees en weet wat hulle nodig het om fiks en gesond te bly, en watter stappe hulle kan neem, om optimale gesondheid te bereik. Hierdie gids bespreek die gesondheidsuitdagings waarvoor mans vandag te staan kom u asook die opsies vir die handhawing van 'n gesonde lewenstyl u op duidelike en praktiese wyse. Propvol wenke en riglyne, praktiese voorbeelde en maklik verstaanbare sketse, kan hierdie gids: Help om 'n eetpklan saam te stel wat mans van al die nodige voedingstowwe voorsien; inligting verskaf oor die mees algemene siektes, ongesteldhede en toestande wat mans affekteer; oefeninge aanbeveel vir die bevordering van fiksheid; riglyne gee vir die hantering van die belangrikste kwessies waarvoor mans te staan kom; inligting en advies oor higi?ne en versorging verskaf.