Delivery included to the United States

Dwarsklap

Dwarsklap Skakerings Van Swart in Die Nuwe Suid-Afrika

Paperback (01 Aug 2017) | Afrikaans,English

Not available for sale

Out of stock

This service is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

Publisher's Synopsis

Piet Matipa is jonk, swart, gay en Afrikaans. Sy rubrieke in Beeld is baie gewild omdat dit aan 'n sonderlinge lewensuitkyk uitdrukking gee. Hy praat vanuit 'n perspektief wat jy nie sommer in Suid-Afrika kry nie. Sy siening van die wêreld is gevorm deur interessante bestemmings waar sy lewenspad aangedoen het. As skolier aan Hoërskool Waterkloof en student aan die Pukke het Piet uitgeblink. Sy skryftande is geslyp as joernalis in Beeld se misdaadkantoor en as sepieskrywer vir 7de Laan, waar hy steeds werksaam is. Nie sleg vir iemand wat in 'n kinderhuis grootgeword het nie! Afrikaans het sy lê op 'n unieke manier in Piet se mond gekry. En vir één ding deins hy nie terug nie: dit is om sy mond verby te praat. In Dwarsklap laat Piet hom uit oor aangeleenthede wat alle Suid-Afrikaners raak. Misdaad en taxi-bestuurders is groot klippe in die skoen. Wenke oor gewigsverlies word gegee, en ook hoe om 'n ontkleedanser by 'n henneparty te kry. En oor liefdesavonture kan jy vir Piet min vertel, veral wanneer sosiale media betrokke is. 'n Hoogs vermaaklike boek wat die donkerte van die lewe in ligte skakerings laat glim.

Book information

ISBN: 9781776091102
Publisher: Penguin Random House South Africa
Imprint: Penguin Random House South Africa
Pub date:
Language: Afrikaans,English
Weight: 260g
Height: 229mm
Width: 152mm
Spine width: 0mm