Publisher's Synopsis
Almal is opgewonde oor die geboorte van 'n baba, maar voornemende ouers, oupas en oumas en ander versorgers het gewoonlik ook allerhande vrae. Hulle voel onseker en angstig oor die groot verantwoordelikheid wat op hulle wag. Feitelik inligting en praktiese raad is net wat hulle nodig het om hulle voor te berei en gerus te stel. Hierdie gids voorsien in daardie behoefte. Wenke en riglyne, waardevolle voorstelle en maklik verstaanbare skets. Babas is 'n onontbeerlike verwysingsbron vir elkeen wat vir die versorging van 'n baba verantwoordelik is. Dit sluit inligting in oor: gesonde eet- en drink gewoontes; siektes, behandeling en geneesmiddels; fisiese ontwikkeling en babamassering; verbintenis en toegeneentheid; badtyd en higiene.